Forum 2.0

3776 Vind jou prioriteite


Is jy op Facebook? Ontvang ons oordenkings daagliks op ons blad "Daaglikse Stilte". Like Daaglikse Stilte en maak seker dat jy nie jou oordenking misloop nie! Kliek hier. 

… groot menigtes het saamgedrom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid. Lukas 5:15b-16 NAV 

Dis interessant om te lees hoe Jesus mense soms vermy het. Dikwels stuur Hy die skare weg en spandeer eerder tyd met God. Sy prioriteite was duidelik agtermekaar! Dalk moet ons ons eie prioriteite ook weer duidelik uitspel. Neem tyd en skryf dit neer soos jy wil, maar die volgende is voorbeelde: God kom bo alles, mense kom bo dinge (en bo geld), jou gesin kom bo jou werk (in die finale instansie), jou werk kom bo jou plesier. Vir my kom die egte ook bo die kunsmatige, die natuurlike bo die gefabriseerde, die eenvoudige bo die ingewikkelde – en so aan. As ons nie weet wat ons prioriteite is nie, sal ons vir niks “nee” kan sê nie – ons sal vir alles “ja” sê! As ons egter alles vir almal probeer wees, is ons uiteindelik niks vir niemand nie. Ons kan nie alles doen nie – ons moet kies wat ons doen in lyn met ons prioriteite – en ons moet ons prioriteite uit God se Woord aflei!

Vader, help my om ‘n doelgerigte lewe te leef. Lei my, deur u Gees, om te fokus op dit wat U wil hê ek moet fokus. Amen.

Wees duidelik oor jou prioriteite!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –