Forum 2.0

3779 Balanseer werk en die res


Is jy op Facebook? Ontvang ons oordenkings daagliks op ons blad "Daaglikse Stilte". Like Daaglikse Stilte en maak seker dat jy nie jou oordenking misloop nie! Kliek hier. 

Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen. Mat 14:23 NAV

Ja, Jesus stuur die mense dikwels weg, sodat Hy alleen kan wees met die Vader. Selfs Hy kon net sóveel werk, sóveel mense bedien – dan het Hy ‘n streep getrek. Hoeveel te meer het óns nie nodig om met goeie grense te leef nie! As ons na ons eie lewensbalans kyk, sien ons dikwels dat ons werk oorneem. Alhoewel dit belangrik is dat ons moet werk, neem ons werk soms eenvoudig te veel van ons. Die ure is onredelik en baie opofferings word verwag. Dit wat in die proses ingeboet word is gewoonlik ons gesin, persoonlike groei en geestelike dinge. In die proses word ons armer mense! Soms is dit moeilik om ‘n streep te trek, omdat werk skaars is of omdat ons nie vaste ure het nie. Besluit egter hoeveel ure jy móét gee en hoeveel jy nog daarop sal toegee. Handhaaf jou grense daarna vriendelik en ferm. Vergeet dan van werk en gee eerder aandag aan die wat jou liefhet, aan jouself en aan die Here!

Here, help my om ‘n goeie balans tussen werk en die res van my lewe te vind. Ek moet werk en wil werk, maar ek wil nie nét werk nie! Amen.

Werk binne-in goeie grense!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –