Forum 2.0

3780 Herbalanseer jou lewe


Is jy op Facebook? Ontvang ons oordenkings daagliks op ons blad "Daaglikse Stilte". Like Daaglikse Stilte en maak seker dat jy nie jou oordenking misloop nie! Kliek hier. 

…daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou.  Pred 3:2-3 NAV

Soms moet ons werklik nuwe balans in ons lewe vind. Soms raak ons hele lewe net werk, werk, werk! Vir ander mense het hul belangstellings weer te belangrik geword– alle vrye tyd gaan na een sport of stokperdjie toe. Vir ander is hulle sosiale lewe en vriende weer alles – dis net kuiers en uitgaan. Dan is daar ook diegene wat te veel in hulleself gekeer is, wat regtigwaar moet uitkom! Ja, soms wankel die lewenswiel vreeslik ongebalanseerd! Dit maak ons hele lewe eensydig, afgeskraal. Hoe vind jy weer jou balans? Kry die swaartepunt weer in die middel. Neem bronne weg aan die een kant en sit dit aan die ander kant. Minder aandag aan werk en meer aan jou gesin, dalk? Minder geld aan stokperdjies en meer aan jou gesondheid? Minder tyd vir kuiers en meer vir geestelike dinge? Elkeen se lewenswiel lyk anders. Dalk moet jy die Here vra of jou lewe in balans is?

Hemelse Vader, is my lewe in balans? Waarvan moet ek meer doen en waarvan minder? Lei my deur u Heilige Gees! Amen.

Wees ernstig oor jou lewensbalans!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –