Forum 2.0

3782 Vind jou stil sentrum


Is jy op Facebook? Ontvang ons oordenkings daagliks op ons blad "Daaglikse Stilte". Like Daaglikse Stilte en maak seker dat jy nie jou oordenking misloop nie! Kliek hier. 

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Psalm 23:2-3a NAV

As ons na die balans van ons lewe kyk, moet ons veral let op die middelpunt – die as van die wiel. Dis wat dit alles bymekaar hou! In die middel van óns lewens  – as sy kinders – moet die Here wees. Geesvervulling is as Hý beheer uitoefen oor al die aspekte van ons lewe. ‘n Vleeslike lewe, weer, is as ek self op die troon sit en alles deurmekaar is! In dié verband is daar ‘n mooi praktyk wat ons kan aanleer. As dit voel of ons lewe uit balans uit raak, kan ons die stil sentrum in ons siel opsoek – daar waar die Heilige Gees in ons woon. Ja, ons kan leer om stil te word, selfs in die storm – in die deurmekaarspul! Ons kan afsak, verby ons ontsteltenis of frustrasie en by die waters-waar-rus-is kom. Rustig by die Here sal ons nuwe insig kry in wat om te doen, nuwe krag, nuwe balans. Oefen dit gerus. Leef vanuit die sentrum!

Here, regeer in my lewe! Bring my lewe onder beheer. Help my om vanuit U teenwoordigheid, U beheer te leef! Amen.

Leef vanuit Sy krag en leiding!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –