Forum 2.0

3785 Grond plus Gees


Is jy op Facebook? Ontvang ons oordenkings daagliks op ons blad "Daaglikse Stilte". Like Daaglikse Stilte en maak seker dat jy nie jou oordenking misloop nie! Kliek hier.  

En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword. Gen 2:7 OAV

Ons ondersoek die Bybelse benadering tot ons “binnekant”, sodat ons die geestelike lewe beter kan verstaan. As die Bybel terme soos siel en gees gebruik, is dit gewoonlik op ‘n algemene en selfs oorvleuelende manier. Tog word daar ook soms ‘n onderskeid bedoel. Siel” dui in die Skrif dan op die biologiese LEWE in ons en op die meer basiese en natuurlike aspekte van ons innerlike. “Gees” dui dan weer op die hoër funksies en die goddelikheid van ons innerlike mens. Kyk hoe mooi het God ons gemaak: (1) ‘n LIGGAAM uit die stof van die aarde, (2) ingeblaas deur sy eie asem ( “asem” en “GEES” is dieselfde woord) en so word die mens (3) ‘n “lewende SIEL”: die samevoeging en samewerking van die eerste twee. Liggaam + gees = siel. Grond + Gees = mens. Ja, ons bestaan uit aarde en Asem en dis wonderlik! My asem is SY asem in my – daarom behoort my lewe aan Hom. Ek moet dit net aan Hom teruggee!

Skepperheer, U het my wonderlik gemaak. My hele lewe, binne en buite, behoort aan U! Ek gee myself weer aan U terug. Amen!

Verstaan dat jou lewe aan HOM behoort!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –