Forum 2.0

3799 Wat ek kry, wat ek ry...


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. 1 Joh 2:16 NAV

Ons bespreek tans die “vals self” en “ware self”. Die vals self bestaan, onder andere, uit alle valsheid en voorgee in ons lewens. In die praktyk kom dit dikwels op die volgende neer:

  • DIT WAT EK HET – in hierdie wêreld tel geld en goed, want ons besittings definieer ons. Daarom hunker ons na nuwe selfone, blink motors en mooi huise – nie vir die inherente waarde daarvan nie, maar om ander mense se agting te koop;
  • DIT WAT EK DOEN – ons wil kompeteer en presteer, ‘n “wenner” wees, sodat ander ons as suksesvol sal sien. Ons streef na status, na eer.

Om vir ander mense se verwagtings of goedkeuring te leef kan baie onbevredigend wees, want daar is altyd nóg verwagtings, nóg “suksesse” wat behaal moet word! Nee, hierdie dinge is die strewe van die vals self in ‘n vals wêreld. Dis voorgee – geen egte “sukses” nie! Ware sukses lê in DIT WAT EK IS, in my opregtheid, my dankbaarheid en tevredenheid, my liefde, my leef-vir-God. O, wat ‘n seën!

Here, help my om eg en opreg te leef – nie vir die goedkeuring van mense nie, maar vir U goedkeuring! Amen.

Leef eg en opreg!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –