Forum 2.0

3800 God se beeld in my


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. 1 John 3:2 NAV

Alhoewel ons ‘n vals self ontwikkel en voorhou – om onsself in ‘n sondige wêreld te handhaaf – lê die ware self steeds in ons, weggesteek in ons psige. Ons weet steeds, diep in ons hart, waar ons vandaan kom en wie ons behoort te wees. Ons ken steeds die beeld van God in ons en ons hunker daarna, ten spyte van die sonde! Hoe lyk die beeld van God? Die beeld van God lyk soos God! God is byvoorbeeld goed, liefdevol en aanvaardend, God is regverdig, volwasse en wys, God is van nature vry, vredevol en vreugdevol, God reik uit in verhouding. Hierdie eienskappe van God is ook soos óns ten diepste is – dis ons ware self! As ons ons ware self vind, vind ons God daar, wat ons so gemaak het – en as ons God vind, vind ons ons ware self, want ons dra sý beeld! Kom ons wees wat God ons gemaak het om te wees – niks minder nie!

Dankie Vader, dat ek steeds u beeld dra. Help my, deur u Heilige Gees, om daardie beeld meer getrou uit te leef!  Amen.

Meet jouself aan God se beeld!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –