Forum 2.0

3822 Lief vir die mense


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Joh 3:16 NAV

Jesus sê God het die wêreld lief, want dis sý wêreld! Die woord “wêreld” dui dikwels op die hele geskape bestel en alles en almal wat daarop is, maar in hierdie vers gaan dit veral oor die mense van die wêreld. God het mense lief en wil hulle nie sien verlore gaan nie. Daarom gee Hy sy Eniggebore Seun – die grootste liefdesdaad wat die wêreld ooit gesien het. Onthou, MENSE is God se grootste skepping, sy grootste liefde en sy grootste teleurstelling. Mense dra sy beeld:  hulle verstaan en redeneer, hulle onderskei goed en kwaad, hulle kan kies, hulle tree skeppend op (soos hulle Skepper), hulle heers. Ons moet mense ook liefhê – bo alles! Léér om mense lief te hê: probeer meer te begryp, minder te veroordeel, meer te vertrou, minder te beheer. Vra die Here om jou hart en woorde en dade teenoor mense sag te maak! Sal jy teleurstelling beleef? Natuurlik sal jy. Maar liefde blý belangrik!

Liefdevolle Vader, leer my om lief te hê. Gee my begrip vir mense en deernis – ‘n sagte hart en sagte oë. Amen. 

Leer om mense lief te hê!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –