Forum 2.0

3823 Lief vir die wêreld (?)


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Joh 3:16 OAV

Ons het grootgeword met die boodskap dat ons nie die wêreld moet liefhê nie. Dis wel ‘n belangrike Bybelse waarheid, maar dit moet reg verstaan word. Hier sien ons immers dat God die wêreld sommer baie liefhet! As die Bybel van die “wêreld” in ‘n negatiewe sin praat, gaan dit oor die “sondige” wêreld, veral die wêreldse denke, strukture en magte wat God teenstaan. “Wêreld” in ‘n algemene sin (soos hier ) dui breedweg op die skepping, die aarde en die mensdom en dis beslis nie net sleg nie. Nee, soos God die wêreld liefhet, mag (of moet) ons ook die wêreld liefhê! Dis immers HY wat ons hier geplaas het vir ‘n sekere aantal jaar en vir ons die ware lewe in oorvloed wil skenk! Hoe jammer is dit nie as jy jou godgegewe lewe nié liefhet of die mooi wat God jou gun, nié waardeer nie! Dis ondankbaar! Géé jouself egter ook, soos God, sodat die mooi, maar gebroke wêreld vir Hom gered kan word.

Hemelse Vader, dankie vir die lewe wat U my gegee het. Leer my om dit elke dag te waardeer. Leer my om hierdie mooi wêreld lief te hê soos U die wêreld liefhet! Amen.

Leer om die lewe lief te hê!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –