Forum 2.0

3824 Wêreld versus koninkryk


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. 1 Joh 2:15 NAV

Die Bybel praat van die “wêreld” in ‘n algemene sin, maar soms ook in ‘n baie negatiewe sin. Hy waarsku ons, soos hier, om nie die “wêreld” lief te hê nie, om nie “wêrelds” te word nie. Daar is ‘n sekere verskil tussen ons en die wêreld wat duidelik verstaan moet word! As die Bybel die “wêreld” afwys, gaan dit oor die “sondige” wêreld – die wêreld wat God eenkant geskuif het. Onthou dat die wêreld God nie in sy filosofie, vermaak, politiek of ekonomie wil hê nie. Die wêreld wil God nie langer erken of noem in sy verklarings nie. God se naam mag nêrens genoem word nie. Die wêreld aanvaar vryheid van geloof, maar as iemand werklik gelowig wil wees, word hy deur die wêreld verwerp. Die wêreld het ander waardes as ons, naamlik geld en goed, genot, status, eer en mag.  Ons móét dus duidelik kies: vir God of vir die wêreld. Volgens wie se reëls gaan ons leef? Wel, volgens die Here s’n!

Hemelse Vader, ek leef in die wêreld, maar ek wil nie volgens die wêreld leef nie. Ek wil in die wêreld volgens U wil leef!  Amen.

Leef God se wil uit in die wêreld!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –