Forum 2.0

3825 Die dinge van die wêreld


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. 1 Joh 2:16

Die wêreld hou aan ons ‘n ander lewe voor as wat die Here vir ons wil. Die wêreld wil ons verlei met sy begeerlikhede – die glans van geld en goed, van genot, van grootsheid en glorie! Die wêreld bring ons in versoeking om van God te vergeet! Ons ken dit maar te goed, want op die televisie, in die sosiale media, vermaak- en advertensiewese en by ons vriende en kollegas sien ons daagliks die wêreldse waardestelsel. Volgens die wêreld is geld en genot die doel van die lewe, kies elkeen sy eie pad (en eie geloof) en is die Bybelse waardes – soos oor seks – outyds en irrelevant. Ja, wêreldse waardes is vir ons sondige aard baie begeerlik! Daarom moet ons duidelik besluit wie ons is en hoe ons wil leef. Dit sal praktiese gevolge hê, natuurlik, soos om jou TV-programme, jou vermaak en jou vriende versigtiger te kies – en om naby die Here te blý leef. Onthou, die wêreld se glans verweer – sy beloftes bly onvervuld!

Hemelse Vader, hou my op die regte pad. Hou my na aan U. Wys my ‘n duidelike koers deur die versoekings wat die lewe bring. Amen.

Kies die Here, nie die wêreld nie! 

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –