Forum 2.0

3832 Jesus en die vyand


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Terwyl die seun nog aankom, gooi die bose gees hom op die grond neer en laat hom hewige stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onrein gees skerp aangespreek, die kind gesond gemaak en hom aan sy pa teruggegee. Luk 9:42 NAV

Jesus het die duiwel oral gekonfronteer waar Hy hom teëgekom het. Sonder vrees het Hy die Bose (en enige bose gees) hard en reguit aangespreek. Hy beveel hulle om hulle werk onmiddellik te staak en die persoon of situasie te verlaat. Hulle het geen ander keuse as om te gehoorsaam nie! Hy leer ook sy volgelinge om dieselfde te doen. Dan lees ons, elders in die Bybel, hoe Jesus se kruisdood die Bose se mag gebreek het. Die duiwel verloor immers sy sondegreep op elke gelowige wat deur Hom verlos is, want hy is deur God vergewe – volkome en finaal! Ten slotte lees ons hoe Jesus met sy opstanding die mag van die dood gebreek en die doderyk se hekke oopgegooi het. Jesus het ons sý gesag gegee om eweneens teen die Bose op te tree. Bind die Bose, kind van God, as jy sy werking gewaar – doen dit vrymoediglik! Hy moet noodwendig gehoorsaam – nie oor jou sondeloosheid nie, maar oor jou verlossing en oor jou gesag in Christus.

Here Jesus, dankie dat U my mag en gesag gegee het oor die Bose en sy werking. Help my om kragtig en effektief daarvan gebruik te maak. Amen.

Oorwin met die oorwinning van Jesus!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –