Forum 2.0

3834 Waarheid en waarsêers


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Daar mag nie 'n besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of iemand wat voortekens lees of 'n goëlaar of 'n slangbesweerder of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie. Die Here het 'n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen. Deut 18:10b-12a NAV

Ons het gesê dat die terrein van die Bose vir ons verbode is. Dit behels alles wat bekend staan as die “okkulte”. In Deuteronomium 18:10-12 word vir ons uitgespel wat dit behels en sien ons dat daar drie vorms van die okkulte bestaan:

  • alle waarsêery – pogings om die toekoms te voorspel of geheime inligting te kry
  • alle towery en goëlery – pogings om ‘n uitkoms te bewerk deur spreuke of magie
  • alle mediumisme – pogings om met dooies of geeste kontak te maak

Ons sal hierna terugkeer, maar oor waarsêery die volgende: volksgelowe soos teekoppies lees (of handpalms) is vir Christene verkeerd. Waarom die toekoms by die duiwel probeer uitvind? Daarmee saam gaan “sterre voorspel”, Tarotkaarte, kristalbal lees – alle fortuinvertellery. Oor waterwiggelary en sekere “alternatiewe” diagnoseringspraktyke moet ons ook twyfel. Dis nie maar net ‘n speletjie nie! Nee, vind jou waarheid by God, vertrou jou toekoms aan die Here toe!

Hemelse Vader, U hou die toekoms in u hand. Ek vertrou U daarmee. Bewaar my van alles wat verkeerd is! Amen.

Vermy alle waarsêery radikaal!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –