Forum 2.0

3841 Die waarheid as gordel


Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Efes 6:14-15 NAV

Paulus gebruik die beeld van ‘n Romeinse soldaat se wapenrusting om te verduidelik hoe ons die vyand se aanslag moet weerstaan. Ons leer baie daaruit! Ons sien byvoorbeeld dat ons stryd gewoonlik verdedigend is en dat ons doel is om “staande” te bly. Ons sien ook dat die aanval veral op ons gedagtes en geloof gerig is. Paulus begin byvoorbeeld deur na die gordel van die WAARHEID te verwys. Soos die gordel die hele wapenrusting bymekaar hou, so sal die waarheid ook al die aspekte van die stryd ondersteun. Dink aan waarhede soos die volgende: die Bose is oorwin, die Bose moet wyk in Jesus’ Naam, God is in beheer, ek is volkome gered en veilig, ek behoort aan die Here, ensovoorts. Identifiseer die leuen wat jou vreesagtig maak, vind die waarheid (in God se Woord) wat dit weerlê en noem en herhaal dit dan in geloof – tótdat die vyand wyk! Die leuen bind jou vas, maar die waarheid maak jou vry, sê Jesus.

Here, dankie dat U die weg en die waarheid en die lewe is. Help my om deur die waarheid die vyand se leuens te weerstaan! Amen.

Staan sterk in die waarheid!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –