Forum 2.0

3843 Die skoene van bereidheid


Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Efes 6:14-15 NAV

Paulus gebruik die wapenrusting van ‘n Romeinse soldaat – ‘n algemene gesig in hulle tyd – om te verduidelik hoe die aanslag van die Bose werk.  Nadat hy gepraat het oor die gordel wat alles bymekaar hou en die borsharnas wat die hart beskerm, draai hy nou na die soldaat se skoene, gewoonlik sterk sandale – die sogenaamde “skoene van bereidheid”. Paulus impliseer dat die Bose ‘n aanslag op ons bereidheid as getuies vir Christus wil loods. Hy wil ons daardie skoene laat uittrek! Dalk voel ons moeg om heeltyd vir Jesus op te staan (of om daaroor uitgesonder te word) of dat dit nie so belangrik is nie. Dis egter gevaarlik vir ‘n soldaat om kaalvoet gevang te word, want hy kan nie veg of hardloop as sy voete seerkry nie. So is dit sleg as Christene gevang word met verkeerde dinge en mense dan sê: sien jy nou, nog ‘n skynheilige. Wees bewus dat die Bose jou in sulke strikke wil lei! Wees gereed daarvoor – en bly bereid!

Here Jesus, ek wil graag vir U opstaan by my huis en werk! Help my om nie daarvoor moeg te raak nie, maar om altyd gereed te wees om u lig te skyn. Amen.

Staan vir die Here, altyd bereid!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –