Forum 2.0

3844 Die skild van die geloof


Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Efes 6:16-17 NAV

Ons bespreek die sogenaamde “wapenrusting van God” en het reeds gekyk na die gordel, die borsharnas en die skoene. Nou draai Paulus na die “skild van die geloof”. Die Romeinse soldaat se skild was gemaak van hout, leer en metaal en was sterk genoeg om die meeste swaardhoue en pyle af te weer. Teen omtrent tien kilogram was dit nie lig nie, maar dit was lewensbelangrik dat die soldaat leer om dit te hanteer. Net so is dit met geloof. Geloof is iets wat ons moet leer – dis dikwels ‘n oefening, ‘n dissipline. Ons bou geloof (1) deur God se Woord te lees, die waarheid daarvan te verstaan, te bevestig en te bid, (2) deur die Here in ons krisisse te leer ken as ‘n betroubare God en (3) deur in geloof op te tree ten spyte van ons gevoelens of die omstandighede. Hoe meer jy geloof beoefen, hoe makliker sal dit word! Moenie dat die vyand se brandpyle jou geloof uitwis nie – gebruik jou skild!

Ek glo, Here – maar kom my ongeloof te hulp! Help my om in vertroue te groei, om ‘n sterk en onbeweegbare geloof te ontwikkel. Amen.

Staan sterk in die geloof!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –