Forum 2.0

3845 Die helm van verlossing


Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Efes 6:16-17 NAV

Uit Paulus se beskrywing van die “wapenrusting van God” leer ons dat die Bose se aanslag grootliks op ons gedagtes en geloof gerig is. Hy wil leuens en dwalings by ons plant en onsekerheid en twyfel skep oor God en ons geloof, oor sonde, verlossing en vele meer. Dis waarom die “helm van verlossing” belangrik is: soos die helm die kop te beskerm, so sal ons verlossing ons gedagtes beskerm. Letterlik sê Paulus ons moet die helm by God “neem”, soos ons ons verlossing by Hom “neem” – nie as iets wat ons self bewerk het nie, maar iets wat aan ons gegee is. As ons verstaan dat ons verlossing nie afhang van ons prestasie of goeie werke nie – nie verband hou met ons sondigheid of heiligheid nie – sal ons gejaagde gedagtes bedaar. As jy jou verlossing in geloof by God gaan haal het, IS jy verlos. Lééf met daardie helm op! Vergeet alle ander gedagtes – fokus net op ‘n eenvoudige, standvastige en gelowige lewe soos God dit vra.

Hemelse Here, dankie dat U my u verlossing geskenk het. Alle ander gedagtes kan nou bedaar – ek leef bloot vir U! Amen.

Staan sterk in jou verlossing!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –