Forum 2.0

3855 God moet aanbid word

Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. 1 Tim 1:17 NAV

Aanbidding is die manier hoe ons God erken as die God van ons lewe. Onthou, God is altyd – na sy wese – werd om aanbid te word. Om Hom nie te aanbid nie, net omdat ek nie so voel nie, of omdat my omstandighede nie lekker is nie, is ‘n gruwelike vergryp teen die feit dat God altyd God bly, dat Hy altyd groot en goed is, altyd genadig is. My gevoelens of omstandighede het daarmee niks te doen nie! As ek sy aanbidding weerhou, beteken dit dat ek Hom nie meer as God ag nie. Aanbid dus in alle omstandighede! Hoe aanbid ons? Aanbidding is om voor God te buig: in ons gebed, in ons lied, in ons lewe. Aanbidding is om aan Hom oor te gee, om te onderwerp. Sê dit vir Hom! Wat van die volgende? Sonder jou af, steek kerse aan (as jy wil – dis net ‘n simbool) en luister na ‘n aanbiddingslied. Aanbid Hom dan wat jou gemaak het en jou die liefste het!

Ja Here, U is ‘n groot en goeie God! U is mý God en ek buig vandag weer voor U. Ek onderwerp my aan U – gebruik my soos U wil! Amen.

Aanbid God uit jou hart!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –