Forum 2.0

3857 Beeld en beelddraer

Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” Gen 1:26 NAV

God maak die mens, anders as die diere, na sy “beeld”. Dit beteken dat ons op sekere maniere soos God lyk! Dink byvoorbeeld aan die feit dat die mens self-bewus, rasioneel en kreatief is, dat hy ‘n vrye keuse uitoefen. In hierdie vers dui die konsep spesifiek daarop dat die mens God se verteenwoordiger op aarde is. Ons tree namens God in die wêreld op, ons heers – soos Hy heers – oor die hele skepping, maar ons heers natuurlik ónder Hom. Die morele implikasie van die mens as “beeld van God” is egter geweldig. Dit beteken dat die mens langs my – op straat, by die werk, in die winkel – ook God se beeld dra, ook Hom verteenwoordig! Dit beteken dat hulle almal hoë waarde het! Dit beteken veral dat ek anders teenoor mense moet optree, selfs teenoor vreemdeling en vyande. Dit beteken dat ek nét respek mag betoon, want as ek die beelddraer beledig, beledig ek die Een wie sy beeld hy dra.

Wonderlike Skepper, dankie dat ek vir U hoë waarde het. Help my om ander te hanteer, met húlle hoë waarde in gedagte. Amen.

Hanteer mense as God se beelddraers!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –