Forum 2.0

3859 Altyd God se mens

Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! Luk 15:18 NAV

Dis belangrik om te onthou dat God die mens as Syne beskou. Hy het die mens gemaak soos Hy wou, en met sý doel in gedagte. Die mens is dus God se eiendom – trouens, die mens is God se kosbaarste besitting! Daardie eienaarskap kan nooit opgehef word nie: die mens het ‘n permanente, onlosmaaklike band met God. Selfs waar die mens van God afdwaal, bly hy God se afgedwaalde mens. In ‘n algemene sin is God elke mens se Vader, en is elke mens bloot ‘n kind wat óf nog ronddwaal, óf reeds tuisgekom het. Soos God in die mens belangstel en na hom uitreik, so het elke mens weer ‘n inherente hunkering na God – ‘n behoefte aan terugkeer na die Skepper, die Vader, die Oorsprong. Augustinus se klassieke gebed vang dit vas: Ewige God... U het ons vir Uself gemaak; daarom bly ons harte rusteloos totdat dit hul rus in U gevind het. Die vraag is altyd: is jy nog rusteloos of het jou hart reeds rus gevind?

Dankie, Abba Vader, dat ek in U hart kon tuiskom, dat daar vir my by U ope arms en ‘n warm welkom was! By U wil ek bly! Amen.

Kom tuis, keer terug na God toe!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –