Forum 2.0

3860 Elke mens is gebroke

Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Rom 7:18 NAV

‘n Hartseer kenmerk van die mens is sy sondigheid. In die Bybel begin die verhaal van sonde by Adam en Eva, maar onthou: Adam en Eva staan ook vir elke mens. Elke mens tree op soos hulle gedoen het! Elke mens het ‘n neiging om God se instruksie te veronagsaam, om eerder sy eie kop te volg. Hierdie neiging – om God se wil vir ons eie te verruil – is ons sonde. Soos ons al gesê het, het sonde onmiddellike gevolge, want saam met sonde kom die vloek en skaduwee van sonde, naamlik al die hartseer en ellende wat ons ken, die pyn en die dood. Nou leef ons as gebroke mense in ‘n gebroke wêreld. Elke mens het nou ‘n donker kant, elkeen steek dinge weg, elkeen vertel ‘n hartseer storie, almal het bagasie. Elke mens beleef pyn – die gevolg van sy eie sonde, ander se sonde of die sonde in die wêreld. Sonde doen soveel skade! Maak sonde jou hartseer? Dit maak die Here baie hartseer!

Hemelse Vader, my sonde en gebrokenheid maak my hartseer. Ek weet dit maak U ook hartseer – ek is so jammer daaroor! Dankie vir u vergiffenis en u genesing. Amen.

Sien die gebrokenheid van mense!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –