Forum 2.0

3861 Verlore en dwalend

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn. Kliek hier vir meer besonderhede. 

Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. Jes 53:6 NAV

Almal sondig, sê die Skrif. Dis net ‘n feit. Die een wat dink dat hy nie eintlik sondig nie, verstaan nie wat sonde is nie. So een moet na sy ekkigheid, hoogmoed en liefdeloosheid begin oplet! Die Bybel se treffende beeld is dat almal “verlore”, “dwalend” is, wat beteken dat die mens nie weet waar hy is of waarheen hy gaan nie. Hy het die spoor byster geraak en dwaal nou sinloos rond. Oral om ons sien ons hoe mense soek na iets wat hulle sal vervul: geld, genot, eer, mag – sulke dinge. In hulle soeke word ander afgetrap of seergemaak, maar as hulle gevind het wat hulle wou, bevredig dit nie. Dan moet hulle weer verder soek – waarna weet hulle self nie. Mense is verlore! Moenie te veel op die wêreld se doelwitte of antwoorde ag slaan nie, want oplossings wat God uitsluit is geen oplossings  nie. Volgens die Bybel bly ons verlore tot ons God vind – of God ons, wat dieselfde saak is. Dít is die oplossing!

Hemelse Herder, ek was verlore, maar U’t my gevind! Daarom prys ek U vandag! Amen.

Vind God – laat jou vind!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –