Forum 2.0

3862 Nee, dis ons

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het. Neh 1:6b-7 NAV

Die Skrif is duidelik dat die mens self verantwoordelikheid vir sonde  moet aanvaar. Adam wou vir Eva blameer (en sommer vir die Here ook) en Eva vir die slang, maar beide het gesondig en beide moes die gevolge dra. Vandag nog sien ons die ellende van sonde om ons. Ons sien regerings wat oorlog maak en dan weer kinders wie se ma’s in die oorlog gesterf het. Ons sien politici wat miljoene steel en armes wat nie weet wat hulle vanaand gaan eet nie. Ons sien ou mense wat op plase gemartel word en ander wat uit hul hele pensioen bedrieg is. Ons sien moorde en verkragtings, motorkapings en huisrowe. Ons sien selfs kinders en diere wat wreed seergemaak word. Ons sien hoe mense mekaar belieg, bedrieg, beskinder en haatlik behandel. Dan kyk mense op na die hemel en sê: “Is dit nou ‘n God van liefde?” Nee, vriend! Dis nie God nie, dis mense wat dit aan mekaar doen – dis ons! God het ons JUIS hierteen gewaarsku.

Hemelse Vader, dis inderdaad ons, dis die mens wat sondig. Sonde is in ons aard, ons natuur. Ons bely dit. Red ons van ons sonde! Amen.

Aanvaar verantwoordelikheid!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –