Forum 2.0

3864 Menslikheid en sondigheid

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. Psalm 145:8-9 NAV

Dis mooi dat God die mens nooit sy menslikheid verwyt nie. Die Skrif sê God ken ons: ons nietigheid, ons gebrokenheid – selfs ons sondigheid. Onthou, die mens se sonde het Hom nie verras nie! God, wat alles ken, het van ewigheid af van die sonde geweet, maar Hy wóú die mens met ‘n vrye keuse laat – anders sou die mens nie mens wees nie. Net so was God se plan met die sonde, naamlik Jesus Christus, ook nie ‘n skielike noodplan nie. Nee, Christus het van ewigheid af reeds “ja” gesê om die Middelaar tussen God en mens te wees. Die punt is egter dit: in die hele tragedie van die sonde bly God lief vir die mens! Wat Hy egter vra, is dat ons ons menslikheid met Hóm sal deel, dat ons ons gebrokenheid by Hóm sal kom heel. Uiteindelik is ons sonde nie ons probleem nie, maar die feit dat ons nie daarmee na God toe gaan nie. So blý ons verlore!

Here, dankie dat U my deur en deur ken – en my nogtans liefhet! Dankie dat ek altyd na U kan kom met my gebrokenheid en my sonde. Genees my daarvan! Amen.

Gaan na God met jou sonde!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –