Forum 2.0

3871 Jesus was ‘n Jood

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

'n Vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak. Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Mat 9:20-21 NAV

Jesus was natuurlik nie ‘n “Christen” nie. Jesus was ‘n Jood. Nie net ‘n Jood nie, maar ‘n tipiese Jood, ‘n uitnemende Jood! Jesus het die Joodse gebede drie maal per dag gebid, Hy’t ‘n gebedskleed (talit) gedra, met die voorgeskrewe fraiings (tzitzit) op die soom. Jesus het kosjer geëet, die wet gehou en die feeste gaan bywoon. Elke Vrydagaand was Hy in die sinagoge, waar Hy deur die bewegings van die diens gegaan het. Ook die Sabbat was vir Hom belangrik en spesiaal. Jesus het Hom in sy Joodsheid uitgeleef! Waar los dit ons – ons is dan nie Jode nie? Moet ons nie doen soos Jesus gedoen het nie? Nie noodwendig nie. Die vroeë kerk het reeds in Handeling (hfst. 15) hieroor besin en het besluit dat nie-Jode nie eers Jode hoef te word om Christene te kan word nie. Daarom het die nie-Joodse gelowiges (soos ons) nie begin om die Joodse gebruike te volg nie. Volg Christus op die Nuwe Testamentiese manier en jy doen reg!

Here Jesus, dankie dat ek U uit ‘n opregte hart mag dien. Lei my deur u Gees om U nog beter te dien! Amen.

Leef ‘n Nuwe Testamentiese lewe!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –