Forum 2.0

3873 Christus Victor

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou. Hand 2:24 NAV

Na ‘n buitengewone lewe sterf Jesus aan die kruis. Dit was nie ‘n nederlaag of laagtepunt nie, maar die hoogtepunt van sy bediening. Die Nuwe Testament herhaal oor en oor dat dit ‘n oorwinning oor die Bose was. Die vroeë kerk het dit soos volg verstaan: toe Jesus gesterf het, het Hy na die doderyk gegaan en al die “owerhede en magte” wat nie aan Hom gehoorsaam was nie gebind. Hy het die duiwel ook gebind en die sleutels van die dood en die doderyk van Hom afgevat. Daarna het Hy uit die dood opgestaan, omdat geen dood of duiwel Hom kon keer nie. So het Hy ‘n pad deur die dood oopgemaak waarop elkeen wat aan Hom behoort Hom ook, deur die dood, kan volg. Die vroeë kerk het Jesus Christus Victor genoem – Christus, die Oorwinnaar. Verstaan jy dat jy – met jou klein lewe en klein probleme – vir ewig veilig is by só ‘n geweldige Oorwinnaar? Waarom dan vrees?

Dankie, Jesus Christus, dat U oorwin het en dat U my meevoer in u oorwinning. Ook ek sal deur die dood na die lewe gaan! Amen.

Staan in die oorwinning van Christus!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –