Forum 2.0

3874 Verlore, verlos

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

“Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. Luk 15:4 NAV

Die mens is van nature geneig om te sondig en dan sondig hy ook. Onthou, sonde is om onafhanklik van God te wees, om jou eie kop te volg. Dit veroorsaak dat ons al hoe minder plek vir Hom oor het – dat ons al hoe verder van Hom wegbeweeg, So eindig ons inderdaad ver van God af! Die Bybel se woord daarvoor is dat ons “verlore” is. Dis soos ‘n hondjie wat verdwaal het en aanhou hardloop in die verkeerde rigting, of soos ‘n swemmer wat moeg geword het in die diep water en sien hoe die strand al hoe verder wegraak. Die belangrike punt by verlorenheid is dat die verlorene nie homself kan red nie. Die hondjie weet nie waar hy is nie en die drenkeling het eenvoudig nie die krag nie. Iemand moet kom en hulle red! Net so het die verlore mens géén manier om homself te red nie. Dis onmoontlik. Iemand moet hom kom red – en Iemand het! Sy Naam is Jesus Christus.

 Dankie Here! Ek was verlore, maar U’t my kom soek. Ek het weggeraak, maar U’t my gevind! Amen.

Maak staat op die Verlosser!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –