Forum 2.0

3883 Geloof: misterie, maar maklik

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. Markus 10:15 NAV

Geloof is ‘n groot tema in die Bybel. Groot en nogal ingewikkeld! Geloof is immers baie dinge: dis ‘n wete, ‘n gevoel, ‘n besluit, ‘n reaksie en ‘n daad – alles in een! Daar is verskillende soorte geloof: geloof wat ons red, geloof as jy bid en vele meer. Geloof is ‘n misterie, want dis iets wat óns moet hê, maar ook iets wat God moet gee. Ons sê geloof red, maar ons bedoel eintlik God red ons, DEUR geloof. En waarom kies God hoegenaamd om deur geloof te red? Kom ons trek egter ‘n streep onder al die vrae en kompleksiteite! Geloof is eintlik ook eenvoudig: Jesus neem ‘n kindjie en sê ons geloof moet soos hare wees, sý het ware geloof! As ‘n pa vir ‘n kind sê hy het vir haar ‘n groot present, aanvaar sy dit sonder meer. Die verwagting daarvan vul haar hele wese! Onthou: ‘n kind redeneer nie veel nie, ‘n kind reageer bloot uit die hart uit. Dis die wese van geloof!

Here Jesus – ek verstaan nie al God se dinge nie, maar ek vertrou U. Ek glo wat U sê en ek neem wat U bied! Amen.

Maak geloof maklik!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –