Forum 2.0

3887 Geloof laat alles los

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry Fil 3:8 NAV

As geloof volkome vertroue in God is, behels dit natuurlik dat ek alles anders, waarop ek sou kon vertrou, laat vaar. Dis soos die man wat oor ’n hoë krans geval en vasgegryp het aan ‘n tak wat uit die krans groei. Hy besluit toe om na God te roep: “Is daar iemand daar bo?”  God se stem het na hom gekom: “Ek  is hier. Laat los die tak – Ek sal jou vang...” Na ‘n oomblik het die man weer geroep: “Is daar nog iemand daar bo?” Hy wou nie die tak los nie! So het ons dikwels ook “takke” waarop ons vertrou, byvoorbeeld ons goeie werke, voorbeeldige lewe of kerklike betrokkenheid. In hierdie verse noem Paulus sy vele goeie hoedanighede, maar sê dan hy gooi dit alles weg. Hy vertrou nie meer daarop nie, maar op die Here alleen. Eers as ons besef dat ons sogenaamde verdienste niks beteken nie, kom ons by die punt van bekering. Dan het ons die ware geloof gevind!

Here, ek laat vaar al my sogenoemde verdienste of prestasie. U verdienste alleen, aan die kruis, kan my red. My vertroue is op U alleen! Amen.

Laat los jou eie verdienste!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –