Forum 2.0

3888 Geloof aanvaar dit

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Jesus sê toe vir die offisier: “Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.” En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword. Mat 8:13 NAV

‘n Romeinse offisier vra hier vir Jesus om sy siek slaaf – wat by die huis agtergebly het – te genees. Jesus sê vir hom dis reg, hy kan maar huis toe gaan, sy slaaf sal gesond wees. Die Romein het dit toe dadelik aanvaar, omgedraai en huis toe gegaan – en sy slaaf was gesond. Dis soos geloof werk! Geloof verwag eenvoudig dat dit sal wees soos die Here sê, geloof neem bloot die weldaad aan – geloof gaan bemoedig voort. Verstaan jy? Geloof redeneer nie en twyfel nie. As jy byvoorbeeld die Here vra om jou te red, aanvaar jy in geloof dat Hy dit doen en sê dankie. Jy vertel aan almal dat jy gered is en jy leef soos ‘n geredde. Dis geloof! As jy ‘n belofte van die Here ontvang het, gaan jy in geloof voort dat hy dit waar sal maak. As jy van Hom iets vra, gaan jy voort in die verwagting dat Hy dit sal gee, soos Hy wil. Gaan net voort, vriend – in geloof!

Here Jesus, wat U sê is die waarheid. Wat U sê sal gebeur. Dankie dat U my red en bewaar en versorg en help. Ek maak elke dag daarop staat! Amen.

Aanvaar wat God belowe!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –