Forum 2.0

3892 Jesus is die Vredevors

Ons oordenkings hervat weer! Mag jy 'n wonderlike nuwe jaar beleef!

Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Jes 9:5 NAV

Jesus is die Christus, die beloofde Joodse Messias. Van die Messias is verwag dat Hy ‘n “Vredevors” sou wees, dat Hy vrede-op-aarde sou bring, soos die engele by sy geboorte gesing het. Het Christus vrede gebring? Kom ons antwoord soos volg:

  • Die Messiaanse Tyd het wel met Jesus begin, maar dis nog nie voltooi nie. Die koninkryk het gekom, maar dit kom nog steeds en dit moet nog finaal kom. Ons beleef dus nog baie stryd en misdaad – ja, oorloë en ellende – maar as die Vredevors klaar is, sal daar volkome en finale vrede heers.
  • In die tussentyd het Christus egter ‘n nog groter en belangriker vrede gebring: vrede in die hart, vrede met God, vrede wat die verstand te bowe gaan – vrede IN die stryd en sukkel! Hy versoen ons met God en met mekaar. Hy leer ons om te vergewe en om vredemakers te wees.

Is Jesus die Vredevors? O, beslis! Laat SY vrede deur JOU na die wêreld toe werk.

Jesus Christus, dankie vir die vrede wat U bring. Ek bid dat u vrede in my ook aan ander mense vrede sal bring. Amen.

Ontvang ware Christus-vrede!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –