Forum 2.0

3895 Gaan maak dinge reg

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, begin volgende week. Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe. Mat 5:23-24 NAV

Die Here maak die verbasende stelling dat ons eers met mekaar moet regmaak, voor ons na Hom kom om reg te maak. Kom ons sê maar beide is ewe belangrik! Jesus lê dieselfde verband as Hy ons leer bid: vergewe ons ons skulde SOOS ons ook ons skuldenaars vergewe. Op die manier leer Jesus ons bid vir ons verhouding met God EN met ander. Die tema van versoening is duidelik vir Jesus baie belangrik! As jy dus verkeerd opgetree het, MOET jy gaan regmaak. As jy iemand te na gekom het, MOET jy om verskoning gaan vra. Bel iemand – of as dit ernstiger is, maak ‘n afspraak – en sê jy’s jammer. Sê dat jy verkeerd was en dat jy daaroor hartseer is. Moenie verskonings soek nie. Vra eerder opreg om vergiffenis. Sê dat julle verhouding vir jou baie beteken. Is dit moeilik om om verskoning te vra? Ja, beslis! Jou verhoudings is dit egter werd – en dis  belangrik vir jou geestelike lewe!

Here Jesus, help my om met mense in die regte verhouding te bly – as die gevolg van my verhouding met U! Amen.

Leer om verskoning vra!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –