Forum 2.0

3897 Besluit om te vergewe

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, begin volgende week. Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot. Luk 23:34 NAV

Vir Jesus is dit belangrik dat ons in liefde met mekaar sal leef. Ons verhoudings moet dus reg wees. As Christene met twis en vyandskap leef is dit ‘n teenstrydigheid, ‘n fout. Christene moet met méér genade leef as ander, méér gewillig wees om dinge oor te sien, méér gereed om te vergewe en te versoen! Onthou, ons vergewe nie omdat ons oortreder berou toon (alhoewel berou dit makliker maak) of omdat ons gereed voel om te vergewe nie – nee, ons vergewe omdat ons self vergewe is! God het ons van baie dinge vergewe en nou moet ons ook ander vergewe. Die punt is dit: vergiffenis en versoening is nie eerstens iets wat ons VOEL nie, dis iets wat ons BESLUIT. Ja, ons weet dat vergiffenis dikwels baie moeilik is en dat dit dikwels tyd verg, maar selfs dan bly dit – iewers op die pad van ons genesing – ‘n BESLUIT. Vergiffenis word selde verdien, dit word meestal net geskenk. So het ons dit self ook beleef!

Liefdevolle Vader, dis moeilik om sommige mense, wat my seergemaak het, te vergewe. Help my om by daardie besluit uit te kom,  in Jesus’ Naam. Amen.

Besluit om te vergewe!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –