Forum 2.0

3898 Vergiffenis is ‘n proses

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, begin volgende week. Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

Wees dus self op julle hoede. As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Luk 17:3 NAV

Met vergiffenis moet ons realisties wees. Ons kan nie altyd sommer dadelik vergewe nie – soms is ons te seer of te woedend. Dit help nie om iemand te dwing om prematuur te vergewe nie. Dit sal nie eg wees nie en ook nie die heling bring wat vergiffenis kan bewerk nie. Vergiffenis is eintlik deel van die genesingsproses – deel van die terapie, van die herstel. Ons moet eers innerlik verreken wat gebeur het, hoe dit ‘n sonde was, hoe dit ons geraak het – en hoekom – en hoe ons daarop moet reageer. Dan sal ons wel by die besef kom dat vergiffenis nodig is vir genesing. As ons dán, wanneer ons dit meer verstaan, opreg vergiffenis uitspreek sal ons beleef hoe die las van ons hart wegval. Dit kan egter agterna ook gebeur dat ons steeds weer terugval in negatiewe gedagtes en ons seerkry-gevoelens. Dan moet ons wéér vergewe! So groei ons uit die seer uit tot by volle genesing. Waar is jy in die proses?

Hemelse Vader, ek wil by die punt kom van vergiffenis. Ek stap nou al ‘n tyd met hierdie saak. Ek wil dit afhandel en aanbeweeg. Help my daarmee! Amen.

Kom by die punt van vergiffenis!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –