Forum 2.0

3899 Vergiffenis maak jou vry

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, begin volgende week. Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. Luk 6:37 NAV

As ons seergekry het is vergiffenis moeilik. Wat met ons gebeur het was immers verkeerd en onregverdig. Dit het ons vertroue geskend en ons siening van mense, onsself en moontlik die Here aangetas. Ons voel nog die seer, die vernedering, die woede! Onthou, om te vergewe is nie om die sonde te verskoon nie. Sonde bly sonde en die Here sal daarmee werk. Iewers in ons eie genesingsproses kan ons egter besef dat ons seer ‘n bitterheid geword het wat ons vergiftig, dat ons aan niks anders kan dink nie – dat dit ons vasbind aan die gebeure. Ons kan by die punt kom dat ons daardie las wil afgooi, dat ons eerder vry wil leef. Is jy by die punt dat jy hierdie las wil neerlê, dat jy nie langer daarmee wil wroeg nie? Dan kan jy besluit om die hele saak net aan God af te gee, om jou woede eenvoudig te laat gaan en die oortreder te vergewe. Jy kan! Vergiffenis sal jou vrymaak.

Hemelse Vader, ek is by die punt dat ek die hele gebeure net wil afgee. Neem U dit! Genees my en skenk my nou ‘n nuwe seisoen. Amen.

Laat vergiffenis jou vrymaak!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –