Forum 2.0

3900 Vergiffenis en versoening

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, begin volgende week. Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

“Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.” Matteus 18:21b-22

Dis dikwels moeilik om te vergewe. Ander kere breek vergiffenis weer skielik deur – as jy net besef dat dié saak nou oor is. Soms kry jy mettertyd ‘n ander blik op die oortreder. Jy kry afstand. Jy besef dis maar net ‘n mens wat vol foute is, wat groot probleme het. Ander kere doen die Here ‘n wonder en jy weet jy’t die persoon steeds lief. Jy wil versoen, want jy wil die verhouding red! Maak seker jou seer is verwerk as jy dit doen, maar ja – dis moontlik. Die ideale uitkoms is natuurlik as die oortreder opreg kom bely en jy opreg kan vergewe en julle weer innig kan saamleef, dalk selfs beter as vroeër. Ja, hoe wonderlik! Ander kere, egter, is al die werk net aan jou kant. Baie kere is daar nie sprake van versoening nie, want versoening vra twee partye. Ja, soms is dit die beste om mekaar te vermy. Sorg ten minste dat JY reg optree, dat JY vrykom! Jy kan!

Hemelvader, ek is by die punt van genesing. Help my om tot u eer voort te gaan met my lewe. Amen.

Groei na genesing toe!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –