Forum 2.0

3901 Jesus nooi jou op ‘n reis

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, begin volgende week. Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg. Mar 1:17-18 NAV

Jesus nooi sy dissipels op ‘n reis saam met Hom. Hulle moes hulle ou lewe los en ‘n nuwe lewe met Hom leef. Vir drie jaar het hulle dan ook met Jesus geleef, geloop, geslaap, geëet, gesels. Hierdie reis het hulle hele lewe verander! Jesus se denke, deur sy verhale, spreuke en leringe, het mettertyd húlle denke geword. Jesus se waardes het húlle waardes geword: wat vir Hom belangrik was, waaraan Hy geen aandag gegee het nie, wat Hom kwaad gemaak of laat lag of huil het. Jesus se houdings teenoor ander het op hulle afgevryf: teenoor vroue, kinders, sondaars, geestelikes, armes en rykes. Na drie jaar was hulle ander mense! So nooi Jesus vir my en jou op ‘n reis saam met Hom – ‘n reis van baie jare, ‘n lewensreis. OP die reis, IN die navolging, OOR die tyd heen sal jou lewe verander. Al jou ervarings met Hom sal – oor die jare heen – inwerk om jou te vorm. Dit gebeur nie eensklaps nie. Wees geduldig – HY is!

Here Jesus, help my om geduldig en getrou by U te bly. Help my om oor die jare heen U werklik te leer ken en deur U verander te word. Amen.

Wees op ‘n reis met Jesus!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –