Forum 2.0

3902 Jou lewe is ‘n reis

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, het pas begin. Jy kan steeds aansluit! Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Fil 3:12 NAV

Ons leef in ‘n kitswêreld met ‘n kitsmentaliteit. “Ek wil alles hê en ek wil dit nou hê!” Die lewe – en die geestelike lewe – werk egter nie so nie. Die lewe is ‘n reis, ‘n lang en kronkelende pad oor die dekades heen. Oor baie winters en baie seisoene van die siel word ons gevorm om te word wat ons moet wees. Jare se ervarings skep diepte en wysheid. Ons verhouding met God verander ons mettertyd tot sy wil, tot die beeld van sy Seun, tot by oorgawe. Ons groei kan nie aangejaag word nie! Ons moet eers die stampe en stote beleef, die skade en skande. Hoe anders dan? Ja, so lank as wat ons leef is ons op die reis, is ons pelgrims. Ons moet dus geduldig wees – ‘n langtermyn-blik ontwikkel. Vergewe jouself vir jou vele foute, soos die Here reeds gedoen het. Probeer daaruit leer. Hou jou oog egter in alles op Hom, die Leidsman en Voleinder. Hy sal jou wel by die eindpunt bring!

Dankie Here, dat U geduldig met my werk. Dankie dat U u tyd neem. Dankie dat ek U kan vertrou met my hele lewe! Help my om op die reis met U te bly. Amen!

Leef jou lewe lank met Jesus!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –