Forum 2.0

3903 Geestelike groei is ‘n reis

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, het pas begin. Jy kan steeds aansluit! Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

Toe sê Jesus vir Simon: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” En nadat hulle die skuite op die strand getrek het, het hulle alles net so laat lê en sy volgelinge geword. Luk 5:10b-11 NAV

Enige kitsmentaliteit wat betref geestelike groei is onrealisties. Jesus het dit ook nie van sy dissipels verwag nie. Inteendeel, Hy roep dissipels wat harde, “ongeestelike” mense was – Petrus sê byvoorbeeld by sy roeping: Gaan weg van my Here, ek’s ‘n sondige man. Jesus kies dus sondaars om Hom te volg, maar die volgelingskap verander hulle! Na daardie drie jaar en die toerusting van die Heilige Gees word dieselfde Petrus die leier van die kerk. Selfs toe moes hy nog groei, want by geleentheid moes Paulus hom berispe. Ons eie geestelike groei werk ook so. Ons vorder, maar in ‘n onbewaakte oomblik kom die “ou mens” weer uit. Dan besef ons dat dit alles weer net ek, ek, ek is. Sommige areas in ons lewe bly lewenslank ‘n uitdaging. Soms is dit twee treë vorentoe, een tree terug. Die les van dit alles? Meer nederigheid, meer genade! Jy’s nog op die reis. Bly net in verhouding, bly groei, bly verander! En bly op jou knieë.

Dankie Here, dat ek agter U mag aankom, al is ek steeds hard, vleeslik, sondig. Dankie dat ek IN die volg, IN die verhouding sal groei om meer soos U te word. Amen.

Groei jou lewe lank!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –