Forum 2.0

3904 Heiliging is ‘n reis

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, het pas begin. Jy kan steeds aansluit! Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie. Heb 12:14 OAV

Ons moet heilig word, sê die Woord. Ons kan onsself egter nie heilig maak nie. Ons WORD heilig gemaak deur die Alleen-heilige. Ons kan heiliging wel najaag en onsself daarvoor oopmaak. Ons kan begeer dat God meer in ons sigbaar word. Let egter op dat daar geen kits-heiligmaking is nie. Dis ‘n proses, ‘n lewenslange reis. Tot ons laaste dag sal ons besig wees om te verander, te groei, te transformeer. Tot die laaste sal ons met sonde in ons en om ons deel. Dit moet ons nie apaties teenoor sonde maak, of moedeloos nie! Nee, ons hou ons sonde op die agenda en groei, met die Here se hulp, aktief en intensioneel daarvan weg. Heiliging is egter nie net sondevermyding, “sondebestuur” nie. Heiliging is om meer en meer soos Hy, die Heilige, te word. Daarvoor moet jy tyd met Hom deurbring. Sy teenwoordigheid verander jou, van heerlikheid tot heerlikheid! As die yster in die vuur bly lê, sê Luther, kom die vuur later in die yster.

Heilige Gees, maak my heilig. Maak my meer soos Jesus! Help my om alles aan te spreek wat tussen my en U staan. Amen.

Jaag die heiliging na!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –