Forum 2.0

3905 Ander is ook op ‘n reis

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, het pas begin. Jy kan steeds aansluit! Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn. Rom 14:10 NAV

‘n Mens is darem snaaks. Hy het vir jare geen erg aan ‘n sekere gedagte nie, maar op ‘n dag ontdek hy dit vir homself. Nou moet almal dit, wat hy so pas ontdek het, ook nou summier aanvaar! Ja, ons wil hê ander moet in hul geestelike lewe wees waar ONS nou is – asof  ONS die maatstaf is. Ons moet egter geduld hê met ander se reis. Elkeen se reis is uniek en anders en moet gerespekteer word. Elkeen is op sy eie plek met die Here. Ons groei nie eers op dieselfde manier nie: sommige moet minder kwaad word, maar ander moet nog leer om kwaad te word! Nee, om groen vrugte ryp te druk sal net tot skade lei. Ons taak is eerder om ander te help om ‘n volgende tree te gee – ‘n tree nader na God toe, van waar hulle staan. HY is die maatstaf, Hy sal verder met hulle werk. Jy weet, dis eintlik ‘n baie bevrydende waarheid!

Hemelse Vader, dankie dat U self, deur u Gees, in mense se harte werk. Help my om raak te sien waar U werk en sensitief daarby aan te sluit. Amen.

Wees sensitief vir ander se reis!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –