Forum 2.0

3908 Bly in verhouding

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. Joh 15:4 NAV

Geestelike groei is ‘n lewenslange reis, het ons gesê. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Die volgende is egter belangrik om deur ons hele lewe heen te bly groei:

  • Ons kan net na Jesus toe groei as ons met Hom self te doen het. Al die kennis van al die boeke oor Christus is nie genoeg nie. Ons benodig nie net informasie nie, ons benodig transformasie! Ons lewens moet verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. Sulke dinge vryf af in verhouding met Hom. Onthou, niks kan tyd met Hom vervang nie.
  • Ons verhouding met ander gelowiges is eweneens belangrik. Die voorbeeld en insette van geestelike leiers, van medegelowiges verander ons ook. Dit leer ons liefde, geduld, vergiffenis, nederigheid, omgee, belydenis, ens. Hierdie dinge word nie in isolasie geleer nie, maar in verhouding.

Om uit verhouding te tree is om geestelik te stagneer. Onthou, op jou eie sal jou kooltjie net flouer en flouer word. Bly in verhouding!

Jesus Christus, help my om in verhouding met U te bly, sodat ek veel vrug kan dra. Help my ook om deur ander gelowiges gevorm te word. Amen.

Sien om na jou verhouding met God!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –