Forum 2.0

3909 Vertrou God – Hy sal!

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou … aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen. Jud 1:24-25 NAV

Die geestelike lewe duur lewenslank en word gekenmerk deur fases en wendings, noutes en vlaktes, hoogtepunt-ervarings en droë seisoene. Dit gaan vorentoe en agtertoe. Dit behels val en opstaan. Op sekere terreine maak ons min vordering, selfs na baie jare. Dit kan wees dat jy aan die einde van jou lewe gekom het en steeds ver, ver van die doel voel! Hier is ‘n wonderlike belofte: God self waarborg dat ons volmaak voor Hom sal staan in sy heerlikheid – “onbevlek en met vreugde”! Hoe Hy dit doen, weet ons nie. Ons weet egter dat sy werk nie halfpad eindig nie. Dit wat Hy in ons begin het, sal Hy klaarmaak. Ons SAL volmaak – “sonder vlek of rimpel, heilig en sonder gebrek”, sê Hy elders – voor God gestel word! Watter troos! Laat ons weer besef dat ons heiliging SY werk in ons is, nie ons eie werk nie. Ons kan onsself bloot daarvoor gee, ons daarvoor beywer – Hom daarvoor vertrou. Ja, Here, doen u werk in my!

Liefdevolle Vader, werk in my deur u Heilige Gees. Vorm my en maak my na die beeld van u Seun. Doen met my wat u wil. Amen!

Vertrou God vir jou geestelike lewe!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –