Forum 2.0

3910 Jesus leef verkeerdom

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. Fil 2:6-7a NAV

Die Jode het ‘n “groot” Messias verwag en hulle doen nog steeds. Hulle dink aan ‘n politieke leier, ‘n president, ‘n staatsman wat ooreenkomste sluit tussen lande. Dis wat die wêreld van werklike “groot” leiers verwag! Hiervan was Jesus egter presies die teenoorgestelde. Hy kom die wêreld binne in ‘n stal, word arm groot en leef meestal ‘n onbelangrike lewe. Tydens sy bediening as leke-prediker word Hy deur die leierskap verwerp en uiteindelik deur die volk ook. Hy word gevang en tereggestel as ‘n krimineel, sonder dat Hy weerstand bied. Dis heeltemal verkeerdom! Nee, Jesus het nooit mag bekom of ‘n politieke leier geword nie. Hy het eerder die armes bemoedig en die siekes genees. Hy’t mense geleer oor God wat soos ‘n Vader is. Tog, Jesus se andersom-boodskap het die hele wêreld omgekeer. Terwyl menige “groot” leier al lankal vergete is, word Jesus deur miljoene en miljoene gevolg – tweeduisend jaar later. DIS die krag van sy revolusie! Is dit dalk die wêreld wat verkeerdom is? Ja, dit is!

Here, help my om soos U te wees, al is dit strydig met die wêreld se verwagtings. Amen.

Leef soos Jesus, nie soos die wêreld nie!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –