Forum 2.0

3912 Salig is die swakkes

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. Mat 5:4-5 NAV

Jesus begin sy prediking met die (sogenaamde) “Bergrede”, Matteus 5-7, wat die HART van sy lering bevat. Die Bergrede is egter baie radikaal. Kyk byvoorbeeld hoe dit begin, as Jesus ons leer watter tipe mense geseënd is. Hy sê die ware geseëndes is nie die rykes, suksesvolles en magtiges nie, maar die wat arm is, die wat treur, die wat sagmoedig is, wat geregtigheid soek, wat barmhartig is, wat opreg is, wat vrede maak. Ook die wat verdruk en vervolg word is geseënd. Kry jy ‘n prentjie van hoe so ‘n mens lyk, hoe so een se hart daar uitsien? Dis nie noodwendig die prentjie van iemand wat ‘n groot sukses in die wêreld is nie! Dis egter soos Jesus was. Wees dus maar swak, wees maar afhanklik en behoeftig, wees maar liefdevol en opreg. Soek vrede en geregtigheid. So radikaal en so paradoksaal as wat dit klink, DIT is waarheen ons moet beweeg, DIT is wie ons moet word. Dan sal die hele wêreld ‘n beter plek wees!

Here Jesus, maak my minder soos die wêreld en meer soos U. Ek gee nie om wat die wêreld van my dink nie – ek gee om wat U van my dink! Amen.

Word soos Jesus!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –