Forum 2.0

3914 Leiers of dienaars

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

…elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; Mat. 20:26b-27 NAV

Toe Johannes en Jakobus besluit hulle wil in Jesus se koninkryk tweede en derde in bevel wees, het Jesus hulle skerp tereggewys. Dis waar Hy hierdie woorde gesê het, dat die wat groot wil wees, maar eers ‘n dienaar moet wees. Onthou, in die koninkryk van God het ons nie die reg om gedien te word nie, net die voorreg om te dien. Natuurlik wil almal graag leiers wees, outoriteit beklee en ander aansê wat om te doen.  Ja, ons wil oor ander heers! Nogtans sê die Here dat ons onsself as diensknegte moet aanbied – soos Hy ook gedoen het. In die koninkryk is leierskap in elk geval om te dien. Die leier sit meer in, werk harder en spandeer meer tyd as die ander. Daar is geen leierskap sonder diens nie! Maak jou dus maar reg om te dien. Kom ons spel dit nog beter uit: maak jou reg vir ‘n LEEFTYD van diens.

Here Jesus, dankie vir die voorreg om te mag dien. Help my om na liefde te streef, nie na mag of eer nie. Amen.

Beskou dit as ‘n voorreg om te dien!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –