Forum 2.0

3915 Belangrik of onbelangrik

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër; wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Filip. 3:5-7 NAV

Paulus noem ‘n hele lys dinge waarop hy sou kon roem – sy wêreldse “status”.  Onthou, Paulus was hoogs geleerd, ‘n opgeleide teoloog. Hy sê egter hy gee dit alles prys vir Christus. Dit wat in sy lewe “wins” was, word nou vir hom “verlies” – hy ag Christus eerder as sy grootste wins. Paulus se besluit vir Christus het hom inderdaad sy status onder sy volksgenote laat verloor: hy is verwerp en uiteindelik gearresteer. Dis waar dat almal van ons graag belangrik wil wees – suksesvol in die oë van ander. Moet egter nie in die strik van belangrikheid val nie. Dis nie belangrik om belangrik te wees nie! Wat die wêreld as belangrik beskou, is in elk geval verkeerdom. Ek en jy is nie belangrik nie – die Here is belangrik! Kom ons stel dit so: ek en jy is vir HOM belangrik, en dis al wat tel. Lê dus jou reg op belangrikheid neer. Wees maar onbelangrik – Jesus was ook onbelangrik, vir die wêreld.

Liefdevolle Vader, dis nie vir my nodig om belangrik te wees in die wêreld se oë nie. Ek is belangrik in u oë, en dis vir my genoeg. Amen.

Lê jou “belangrikheid” af!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –