Forum 2.0

3917 Empire of koninkryk

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Mat 6:9-10 NAV

Christus het God se “koninkryk” – sy heerskappy – in die wêreld gevestig soos nooit tevore nie. Die koninkryk het gekom, kom nog steeds en sal eendag ook finaal kom. Wat beteken dit? Wel, God vestig sy ryk in mense se harte – nie enige harte nie: nuwe harte, sagte harte. Deur liefde, genade, geduld en  goedheid ondermyn sy ryk die bestaande orde, die empire van die wêreld. Onthou, die empire het ander, harder waardes: kompetisie, arrogansie en mag. In die empire jaag almal na geld en goed. In die empire is dit elkeen vir homself. Swakkelinge val uit. Jesus het ons egter gewys dat ons in die koninkryk by die agtergeblewenes staan, dat ons die swakkes ophelp, die treurendes bemoedig. Jesus het gesê die koninkryk werk soos sout, soos suurdeeg – soos ‘n stille revolusie wat uiteindelik die empire sal oorwin. Sy volgelinge is die agente vir God se ryk, die revolusionêre vir ‘n beter orde. Besluit egter waar jy staan: vir die koninkryk of vir jouself? Jy kan net één kies!

Here Jesus, dankie dat U God se koninkryk kom demonstreer het. Help my om met nuwe waardes te leef – nie die oues nie! Amen.

Leef met koninkrykswaardes!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –