Forum 2.0

3961 Ewige God, Geduldige God

33 Abraham het 'n tamarisk in Berseba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep. Gen. 21:33 BDV

Abraham het lank in die woestyn by Berseba, ‘n Filistynse gebied, gewoon. Die plaaslike koning, Abimeleg, het Abraham se seën gesien en gekom om met hom ‘n vredesverdrag te sluit. Nadat die ooreenkoms gesluit is, het Abraham vir hom ‘n tamarisk daar geplant. Dis ‘n geharde boom wat in die woestyn aard, maar wat besonder stadig groei. Deur ‘n tamarisk te plant en die Here as El Olam – “die Ewige God” – aan te roep, gee Abraham te kenne dat hy sommer nog lank daar gaan bly. Dit was ‘n daad van geloof. El Olam sal vir die lang termyn by hom wees. Ja, God is ‘n ewige God. Sy blik is ‘n langtermyn-blik. Weet dit: El Olam is met jou besig en Hy is geduldig. Hy is besig om jou te verander tot ‘n instrument van eer, maar Hy gebruik jou hele lewe vir die doel. Jy moet nou ook geduldig wees met jouself. Nog iets: God is met die mense om jou ook besig: wees geduldig!

Dankie, Ewige God, dat U met my besig is. Dankie dat U my verander tot u beeld. Maak my ‘n instrument tot u eer! Dankie dat U met my bly tot die einde. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –