Forum 2.0

3989 Die God van toé

6 Toe Jakob by Lus, dit is Bet-El, in die land Kanaän aankom, hy en al die mense wat by hom was, 7 het hy daar 'n altaar gebou en die plek El Bet-El genoem, omdat God Hom daar aan hom geopenbaar het toe hy op vlug was voor sy broer. Gen 35:6-7 BDV

Toe Jakob van sy broer Esau weggevlug het, het hy een nag ‘n vreemde droom gehad. Daar was ‘n leer tot in die hemel, met engele wat op en af beweeg het. God het daar met hom gepraat en sy trou aan hom beloof. Jakob het die plek toe Bet-El genoem, “huis van God”, omdat God se teenwoordigheid daar was. Dekades later roep die Here hom om weer Bet-El toe te gaan. Daar, waar hy God eens beleef het, bou hy ‘n altaar, wat Hy noem El Bet-El, die “God van Bet-El”.

Dis vreemd om na jare weer op ‘n plek te kom waar jy eens gebly het, nie waar nie? Tog bring dit baie herinneringe terug. Jakob moes teruggaan op sy spore, omdat hy en sy gesin in werklikheid van God weggedwaal het. By Bet-El kon hy die God van toé, die “God van Bet-El” weer vind. Waar in jou lewe was jy werklik na aan God? Wat was toe anders? Dalk stuur God jou vandag terug dáárheen.

Hemelse Vader, ek wil terugkeer na die tye waarin ek na aan U was. Baie dinge het intussen verander. Ek het verander! Ek kan nie meer soos ‘n nuwe Christen glo en beleef nie, maar ek kan soos ‘n volwasse Christen glo. Help my om U, in alle geval, wéér te ontmoet. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –